Die CMR-span het verlede week Laerskool Pretoria-Oos besoek in die aanloop tot die opkomende Kinderbeskermingsweek wat einde Mei plaasvind.

Elke skoolkind het ‘n plastiek spaarblikkie in die vorm van ‘n skoen ontvang vir een spesifieke – en baie spesiale – rede: Ons vier hierdie jaar ons 80e bestaansjaar met die tema “Stap in ’n (minder bevoorregte) kind se skoene!”

Ons poog om fondse met dié spaarblikkies spesifiek vir die “Red-‘n-Kind Projek” wat op KINDERBESKERMING fokus, in te samel. Hierdie inisiatief is hoofsaaklik gerig op die beveiliging van getraumatiseerde kinders. ‘n Informatiewe blaadjie met belangrike inligting oor die onderwerp