SNEEUWITJIE OP DIE VERHOOG BY EMPERORS PALACE IN MEI 2016

ON . POSTED IN LATEST NEWS

’n Splinternuwe Afrikaanse pantomime leef van 6 MEI TOT 12 JUNIE 2016 op die verhoog van Emperors Palace. Vars op die hakke van die opspraakwekkende ASPOESTERTJIE (Cinderella) gee SNEEUWITJIE (Snow White) magiese gestalte aan die tydlose vraagSpieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”