My naam is Teena en ek is 6 jaar oud. Ek is in Graad R en gaan volgende jaar in Graad 1 wees. Ek bly nou weer by mamma. Ek het vir n lang tyd nie by mamma gebly nie – ek het by ouma gebly. Die tannie van die CMR het gesê ek is in pleegsorg by ouma. Ouma en mamma het baie baklei toe ek by ouma gaan bly het. Ouma het gesê mamma kan nie na my kyk nie want sy het nie ‘n werk nie.
Dit was lekker by ouma maar ek het my mamma gemis. Ek het vir die CMR tannie gevra of ek by mamma kan gaan kuier. Eers wou ouma nie ja sê nie, maar later het sy gesê ek kan gaan kuier.
Mamma het belowe sy gaan mooi kyk na haar werk en vir ons ‘n huis kry. Oom Hans is nou mamma se nuwe man, hy is baie gaaf en speel bal met my. Mamma en oom Hans het nou n nuwe baba, sy naam is Janco, en hy is een jaar oud.

Ek het vir die CMR tannie gevra of ek vir altyd by mamma en oom Hans kan gaan bly. Sy het gesê ek kan een hele naweek elke maand by mamma en oom Hans gaan kuier, as ek gelukkig voel om daar te bly en mamma hou aan met werk en kan vir my sorg kan ek vir n skool vakansie gaan kuier.
Ons het al die goed gedoen wat die CMR tannie gevra het ons moet doen. Ons het almal saam gepraat en toe kon ek my klere inpak en vir altyd by mamma gaan bly. Ouma was hartseer oor ek weggegaan het. Ek bel haar want ek mis haar ook.

Ek is baie lief vir ouma maar die heel liefste vir my mamma.
Ek is so baie bly dat ek weer vir altyd by my mamma kan bly.