Kan julle glo ek is 32 jaar by die CMR, 16 September 1985 begin as maatskaplike werker by Berg-en- Dal Krisis Swangerskapsentrum!!  Vanaf 1988 is ek in die aannemingsafdeling wat beteken dat ek 29 jaar reeds in die afdeling is.  Ek hoop ek kan nog vir so 2-3 jaar my beroep uitleef.  Ek is eintlik my hele lewe by CMR,  die wonderlikste tyd van my lewe.

EK is hierdie jaar 41 jaar gelukkig getroud met Piet, en het twee dogters, Lee 36 jaar en Colette 33 jaar oud.  Nog net ‘n ouma van honde, maar gelukkig ‘n “ouma” van baie aanneemkindertjies!!  Ek en Piet is baie lief vir die natuur, sport en diere.  Maak gereeld ‘n draaitjie in die Wildtuin.  Ons probeer ‘n gesonde lewenstyl te handhaaf en probeer om elke dag te gaan stap.

Dit is nie nuut vir julle nie, maar dit al weer vrugtekoek tyd.  Piet bak die koeke en ek bemark die koeke.  ‘n Baie lekker kreatiewe projek wat ek en Piet saamdoen.  Ons sluit die week Vrydagaande af met ‘n braaivleisie, en net rustig sit by die vuurtjie.
Ek is geseënd met goeie gesondheid en wonderlike kollegas saam me wie ek werk.

Sou ek my lewe weer kan oor kies, sou ek dit nie anders wou gehad het nie, want ek weet die Here het my geplaas by CMR Noord.