Hulle het voor my gesit…  eintlik ‘n mooi prentjie, die mooi blou-oog-vrou,  jonk en verlief.  Hy?  Die aantreklike man met die melkkoffievel en sy arms ryklik versier met met tatoeërmerke wat elkeen hul eie storie vertel, dIe Maatskaplike werker weet ook nou , want sy het  gevra.  Hulle verseker haar dat die kruiskulturele saamleefverhouding  maklik gekom het.

Tussen hulle het hulle die allermooiste baba aangegee en met trots vertel wat die blouoog seuntjie met sy pa se wange en lippies alles al baasgeraak het.

Dienslewering het begin,  aanvanklik  oor  iets anders,  albei het saamgewerk.   En dan…. Eers die mooi skraal vroutjie… ek voel so ongelukkig,  daar is altyd hierdie ras ding in my familie.

Toe hy… “my vrou is soos ‘n kind  … ek verwag meer”,  hy kyk die meeste van die tyd na hulle klein prins en,  en…

En toe die groot breek!!  Die lang messe is nou uit. Mamma vat die prins en gaan bly by haar ouers, 222km hiervandaan.  My  melkoffie kliënt val stuk-stuk uitmekaar.  Hy is nou net ‘n man van ‘n ander ras met eintlik geen reg op die blouoog,  blondehaar seuntjie.  En hy kry die wind van voor.

Dan eendag,  kom hy koponderstebo by die Maatskaplike werker. Trane rol oor die bruin wange,  “Tannie my prins kry te swaar,  ek het ‘n verklaring gemaak waar ek my reg tot hom afskryf”.  Toe huil ‘n groot man dat sy skouers ruk en die maatskaplike werker doen die ondenkbare… sy skeur die verklaring op,  stoot die snesies na hom toe en sê:  “ Nee,  nou baklei ons vir jou toegang”.  Panele.  hofsittings en verslae volg.  Die Maatskaplike werker  kry elke twee weke fotos.

 Uiteindelik kry hy elke tweede naweek  die kordaat  kleinmannetjie, na ure by ‘n Voorsittende beampte.  Wanneer pa en seuntjie bymekaar is, dan blink albei gesigte en niks is vir die donker man en sy blonde seuntjie te moeilik om te doen nie.

So dikwels kom die woorde:  “Tannie,  sê nou net ek het nie vir jou geluister nie????  Sê nou jy was nie so kwaai en het my papiere (opgeskeur nie)???

Hoekom?  Omdat alle prinsies ‘n pappa nodig het.