Story of Hope: Nuwe Hoop vir Leandro

Wat ‘n wonderlike jaar was dit nie vir ons as Pleegouers en vir Leandro om deel te kon wees van die jaar se 0/8 Bulletjie Rugby nie . . Om te kon sien hoe ’n seuntjie leer, groei en uitblink op sy manier is prysloos!! . . Leandro het geen ondervinding en reëls geken voorheen nie, heel waarskynlik ook nie eers bewus gewees van wat rugby in die volle woord daarvan beteken het nie, het ‘n nuwe skitter in sy ogies omdat hy ’n kans gegun is en dit aangegryp het met Afrigters wat geduldig was en hom mooi geleer en gewys het . .

Om te dink dat hy ongeveer 22 maande terug nog ‘n swerwende 5 jarige seuntjie op straat was en geveg het om oorlewing maak ons so dankbaar vir die 180 grade omdraai en 2de kans wat CMR en Pleegsorg aan sy en ook ander kinders se lewens bring . .

Sy grootste mylpaal en waaroor hy en ons nog vir lank trots op gaan wees was saterdag die 4de Junie 2016 toe hy die mooiste mooiste drie op Loftus gedruk het met hulle laaste wedstryd as Bulletjies . . Wow, TROTS op jou Boeta en ook op die hele 0/8 Bulletjies vir ’n pragtige 2016 rugby jaar!!!